Month: April 2020

’n Ewige Erediens

Twee jong seuns het elke Sondag heel voor in die kerk gesit en geluister na die boodskap wat hulle pa gebring het. Een aand, nadat die seuns bed toe is, het die pa gehoor dat een van hulle lê en huil. Hy gaan vra hom toe wat fout is en aanvanklik was die seuntjie huiwerig om te antwoord. Eindelik het…

Bel Buig Neer

Jesaja teken vir ons in Jesaja 46 ’n prentjie van die aanval op Babel en hoe die volk hulle afgode moes wegdra. Die waens waarop die afgode geplaas is, kraak en die arme diere wat die waens trek, kreun en worstel om die vrag te dra (Jes. 46:1). Daarteenoor sê Jesaja dat die Here sy kinders vanaf hulle geboorte dra…

Om Dit Te Begryp

’n Christen sportverslaggewer het ’n bofbalwedstryd bygewoon en na afloop daarvan in die klubgebou met ’n Christenspeler oor “Christenwees” gesels. ’n Beampte van die klub het verbygestap en gehoor hoedat hulle oor “christensake” praat. Aangesien die span kwaai verloor het, het hy die verslaggewer ongeduldig aangespreek omdat hy nie liewer oor die wedstryd gepraat het nie. Toe het hy vinnig…

Skool Van Stampe En Stote

Van al die herinneringe uit my kinderdae, is daar een gebeurtenis wat my steeds bybly. Alhoewel ek geen idee het wat my onderwyser gesê het nie, kan ek baie goed onthou dat ek “shut up” gesê het. Sy het my dadelik huis toe gestuur en toe moes ek die kleuterskool verlaat en die halwe blok huis toe stap. Terwyl ek…

Geestelike “Supersterre”

Vandag is daar “supersterre” in oorvloed. Dink maar aan beroemde sokker - en rugbyspelers. Bewonderaars gaan hulleself te buite in die stadions. Populêre musikante het die gehoor aan hulle voete, om nie eers van Hollywoodsterre te praat nie. Hulle moet wagte huur om hulle teen bewonderaars te beskerm. Die eerste Christene in Korinte het ook die probleem gehad. Hulle het…

Die Laaste Jellieboontjie

Een middag het Angela aan haar jong dogtertjie vier jellieboontjies gegee en haar goed laat verstaan dat dit al is wat sy sal kry – nie een meer nie! Nadat sy die eerste drie jellieboontjies sommer vinnig en gulsig verorber het, het Elina die laaste een so versigtig hanteer. Sy het dit eers ’n rukkie gesuig, dit toe uit haar…

Die Aangehegte Brandstofpyp

Felipe Massa van Brasilië moes die Formule Een Grand Prix wat in 2008 in Singapore gehou is, gewen het. Maar toe hy brandstof ingeneem het, het hy weggejaag voordat die brandstofpyp verwyder is. Teen die tyd dat sy span die pyp verwyder het, het hy soveel tyd verloor dat hy 13de geëindig het. Paulus het vir Timoteus gewaarsku teen iets…

Tyd Vir ’n Roetieneondersoek

Ek ondergaan elke jaar ’n fisiese ondersoek – daardie besoek aan die dokter wanneer hy voel en druk, plate neem en my noukeurig bestudeer. Dis iets wat gewoonlik spanning veroorsaak en selfs gevrees word. Ons is nie seker wat die dokter se ondersoeke sal oplewer nie. Nogtans weet ons dat hierdie ondersoek nodig is vir ons fisiese welsyn, en sodat…

Bekend Vir Deernis

Gedurende Generaal Majoor Mark Graham se termyn van twee jaar as kommandeur van Fort Carlson in Kolorado, het hy bekend geword as iemand wat ander mense met deernis hanteer. Een van sy kollegas in die Amerikaanse weermag, het gesê: “Ek het nog nooit ’n ander offisier ontmoet wat soveel deernis met sy soldate en hulle families getoon het nie.” Nadat…

Opstanding En Lewe

Jesus het gesê: “Ek is die opstanding en die lewe!” Dis maklik om so iets te sê, maar dis iets heel anders om dit te bewys – en Jesus het dit bewys deur uit die dood op te staan. George McDonald skryf die volgende: “As jy glo dat die Seun van God gesterf en uit die dood opgestaan het, is…